Die Teater van die Absurde is na die Tweede Wêreldoorlog benaam deur Martin Esslin en ander Europeers. Hul werk het grootliks gefokus op die idee van eksistensialisme en wat gebeur wanneer die menslike bestaan geen betekenis of doel het nie. Na die 2de Wereld Oorlog het meeste lande in groot ekonomiese kriesise geval, dit het veroorsaak dat mense hul grond, besittings en selfs geliefdes verloor. Soos die Teater van die Absurde, het baie mense in die tydperk hul bestaan en mensdom bevraagteken.
Alhoewel daar geen formele Absurde Beweging bestaan het nie, het dramatiste soos Samuel Beckett, Eugène Ionesco, en 'n paar ander 'n pessimistiese visie gedeel- mensdom sukkel om n doel te vind. Deur hierdie siening word die mensdom hopeloos, verward en angstig gelaat. Die siening word as n vorm van drama omskep wat die absurditeit van die menslike bestaan beklemtoon deur gebruik te maak van ongegronde, herhalende en betekenislose dialoog, doelloos en verwarrende situasies en erwe wat nie realistiese of logiese ontwikkeling het nie. Logiese konstruksie en argument word vervang met irrasionele en onlogiese gesprekke wat lei tot stilte. Alle kommunikasie word af gebreek.
Aan die ander kant stel realisme n fokus op die werklike lewe voor. Die teater van Realisme handel oor alledaagse situasies, met algemene probleme en algemene mense. Daar word klem geplaas op gedrag, moeilike besluite en het n geloofwaardige dialoog. Dit is heeltemal kontrasteerend met die teater van die absurde.
Baie van die elemente van die teater van Realisme word uit gelaat en direk verander met die teater van die Absurde. Waar daar n geloofwaardige dialoog gebruik sou word in realisme, word verwaarlose dialoog voorsien aan die teater van die absurde. N Voorbeeld van die verwarrende teks kan mens vind in die drama “Waiting for Goddot”. Die eksistensiële drama speel rondom Vladamir...